LANDBOU
LANDBOU
7.
7. Wildsbesigtigingsritte word ook deur Dublin Safaris aangebied.
“ Ons het iets van alles, van springbokke, bastergemsbokke, koedoes, gemsbokke, buffels en leeus— byna alles behalwe olifante. Min jagplase beskik oor die kapasiteit om diere vir trofeediere te teel; dit is daar waar ons die geleentheid gesien het, en ons onderneming kon ons daardie vryheid gun. Die meerderheid van die wild word lewendig bemark. Die wildkopers is mense wat spesialiseer in jagte, met veral buitelandse trofeejagters as kliënte. Dit is egter’ n langtermynproses om trofeediere te teel.
“ Ons doen die meeste van die wildvangste self. My seun, Christo, en skoonseun, Henning, is die vlieëniers en deel ook my passie vir die wild, en tesame met die veearts, dr. Marnus de Jager, wat ek as professionele vennoot in my boerdery sien, behartig ons gewoonlik al die seleksie, vang en vervoer van die wild self,” merk hy op.
MARKtoe! Februarie 2026 47