LANDBOU
LANDBOU
“ Ek het baie by oom Ian geleer oor wild— hy het ontsettend baie kennis en ondervinding gehad, meer as wat ek in’ n kursus of boek kon leer. Hy was doelgerig en rigied, maar ons het’ n gemeenskaplike liefde gedeel vir die wild, en ek sê dit met trots— ek het by een van die bestes geleer.
“ Soos dit in enige besigheid gaan, was dit nie altyd net maanskyn en rose nie. Van die eerste ses swartwitpense wat ek ook op skuld gekoop het, het drie in die eerste jaar gevrek. My swartwitpenskudde het met drie goeie genetika Matetsiswartwitpense begin en vandag bestaan dit uit nie minder nie as 300 top teeldiere wat hoogs vrugbaar en gesond is.
6. Swartwitpense is een van die boksoorte wat deur Kobus en sy span vir ander wildjagters en-plase geteel word.
6.
46 MARKtoe! Februarie 2026