LANDBOU
LANDBOU
“ Ek het in 1994 my eerste plaas, Summerfield, met’ n plaas-winkeltjie daarop gekoop, op skuld, met baie moed en drome, met slegs my pa se handtekening wat vir my borg geteken het vir’ n lening by Eerste Nasionale Bank. Die plaaswinkel bestaan steeds vandag nog, maar het uitgebrei en bestaan tans uit’ n kruidenierswinkel, drankwinkel, hardewarewinkel, wegneemete-kafee en vulstasie. Dit is tans onder die bekwame bestuur van my dogter Corli,” verduidelik hy.
In die vroeë jare is dit juis hier waar hy die groot behoefte gesien het vir sement, en dit is hier waar sy verbintenis met sement-vervaardigers begin het. Vandag is hy’ n verspreider van sement in die Noordwes, Noord-Kaap en dele van die Vrystaat en Gauteng.
Kobus se beesboerdery het begin nadat hy en sy vrou, Moira, 10 verse en’ n Brahmaanbul van my oorlede oupa Kobus as trougeskenk ontvang het. Uit sy grootwordjare het Kobus se liefde vir beeste gegroei, en hy het stelselmatig stukkies
4.
4. Twee letchwes, dis duidelik uit hul kondisie en die grootte van die horings dat dit uitsoek-wild is.
44 MARKtoe! Februarie 2026