LANDBOU
LANDBOU
hulle redelik sterk en dan skuif ek hulle na klein kampies met genoegsame skuiling. Ná’ n maand of drie weke is hulle sterk en kan hulle die koue trotseer,” verduidelik Joubert.
“ Daar was tye wat die bokboerdery my deurgedra het, maar oor die algemeen is beeste die hoofvertakking.”
Joubert vertel dat hy ook ernstig is oor sy beesboerdery.“ My boerdery bestaan uit twee vertakkings. Die beesboerdery is meer vir die kommersiële mark. Ek hoef nie so baie te bemark soos met die bokbedryf nie en dit dryf jy anders as met die bokke. Daar was tye wat die bokboerdery my deurgedra het, maar oor die algemeen is beeste die hoofvertakking. Ek boer op 16 000 ha in hierdie hoofsaaklike beeswêreld en ons is baie bevoorreg met die baie reën wat ons gehad het en die goeie toestand van die veld tans.”
“ Ek het sin in die Beefmaster-ras en hou van die bulle, maar met die doel om kommersieel te boer. Soos met die Boerbokke hou ek van teling en sal dalk dit in gedagte hou om eendag suiwer met die Beefmaster-ras te teel en sodoende my eie bulletjies te teel, maar dis tans nog net’ n gedagte. Dit vat tyd om te teel en jy teel nie sommer van dag een af die regte bulle nie. Die kalfpryse is nou goed, so die beeste sorg goed vir ons.
“ Ek bou ook nog my kudde en het’ n paar terugslae gehad en getalle was af, maar dis nou beter. Ek sal altyd dink aan maniere om nog uit te brei,” vertel Joubert.
As ek kan kies en dit pas my sak, sou ek met Beefmasters boer, maar as ek’ n mooi Zimbrahbul kry teen’ n goeie prys, kan dit ook werk
Hy verduidelik dat terugslae in hul omgewing tipies dinge soos brande, BM, besmetlike misgeboorte of brusellose, is, en natuurlik is bek-en-klouseer’ n vrees vir al die boere nou. Hy
40 MARKtoe! Februarie 2026