LANDBOU
LANDBOU
“ Ek maak nou rammetjies groot tot op so sewe maande, en selekteer so 10 tot 20 wat ek grootmaak vir veilings. Die res verkoop ek óf aan omliggende boere wat dit as teelramme wil koop, óf soms verkoop ek’ n hele groep aan twee of drie produ-sente wat dit by my koop en dit dan weer verkoop. My ooie maak ek almal groot en sit hulle op veilings. Vei-lings soos dié in Pretoria by die Fire and Wine-arena en Engedi Manor in Muldersdrif by Krugersdorp is baie ge-wild en ons vaar goed daar.
“ As’ n ooi drielinglammers kry, is ek bly— maar vir my is die ideaal as’ n ooi twee lammers lam.”
“ As’ n ooi drielinglammers kry, is ek bly omdat daar dan meer lammers is, maar vir my is die ideaal as’ n ooi twee lammers lam. Ek teel nie spesifiek vir meerlinge nie en steur my ook nie daaraan of die ma of pa deel van meerlinge was nie. Ek kon nog nooit daardie korrelasie maak nie. Ek het in elk geval’ n lampersentasie van oor die 200 %. Ek het begin om goeie saad in te koop en doen lapa, laparoskopiese inseminasie, nou oor’ n maand vir die tweede keer. As jy die regte proses daarmee volg, kry jy ook meerlinge. Ek doen dit nie self nie, daar is maar min mense in ons gebied wat lapa op bokke of skape doen, en ons kry mense van Ramsem vir daardie diens.
“ My seisoen loop dan vandat sy dragtig word vir vyf maande en sy lam dan in die winter. Baie mense verkies om in die somer te lam, maar ek verkies dit glad nie. Ek laat hulle in die winter lam omdat net die koue dan’ n uitdaging is. In die somer is daar vlieë wat die ooie en lammers pak, die ooie wil nie stilstaan nie, en daar is meer wurms. Ek lam onder dak in lamhokkies. Die lammers is tussen sewe en 10 dae by hul ma. Daar is geen vlieë in sig nie en hulle kry glad nie koud in daardie hokkies nie. As die lammers dan ná sewe dae uitkom, is
MARKtoe! Februarie 2026 39