MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Page 29

LANDBOU
LANDBOU

sorg dat hy deeglike inentingsprogramme volg. Hy ent sy bokke ook gereeld en spuit vitamiene om hul immuniteitsvlakke so hoog moontlik te kry.

“ As ek kan kies en dit pas my sak, sou ek met Beefmasters boer, maar as ek’ n mooi Zimbrah-bul kry teen’ n goeie prys, kan dit ook werk. Ek wil eenvormigheid onder my beeste hê. Brahmane doen ook goed hier en ek het dit ook al oorweeg. Basterkrag gee lekker swaar speenkalwers. Ek teel met beeste wat werk en my koeie het melk. Die kalwers lyk goed en groei mooi,” vertel Joubert. Volgens Joubert is daar, soos met enige boerdery, uitdagings.“ Veediefstal gebeur, so mens moet wakker wees. Ek het twee Anatoliese herdershonde wat saam met die bokke loop en sedert ek hulle het, verloor ek selde iets. Snags word die bokke gekraal. Boerbokke is slim, maar dit beteken jy moet ook mooi kyk en geduldig wees. Die aanvraag vir SA Boerbokke bly groot en ek wil self die kampioene teel, nie net inkoop nie,” vertel Joubert.

MARKtoe! Februarie 2026 41