LANDBOU
LANDBOU
Hy het sy stoet begin opbou en goeie ramme gekoop, en die stoet geregistreer as die Joubert Horn-boerbokstoet.
Hulle het ook self veilings begin aanbied, die Red Carpet Premium Sale en die Extreme Genetics-veiling. Op die eerste Red Carpet-veiling het hulle ongeveer 60 ooie en 20 ramme aangebied.
Ten einde die genetiese gehalte van sy stoet verder uit te bou, het hy’ n wêreldkampioenram, Maserati, saam met Salmon van Huyssteen aangekoop.“ Maar dit was nie maklik nie. Ek het met hom ooreengekom om gesamentlik die ram te koop. Ek moes geld leen en ons het’ n aanbod van R500 000 gemaak, en die ram was ons s’ n. Dit was in daardie stadium die duurste ram wat nog ooit verkoop is. Maserati het vir ons goed gedoen en het op die ou end heelwat minder gekos nadat ons sy dienste en saad verkoop het.”
Volgens Joubert het Maserati baie bygedra om sy stoet se naam uit te dra en daar het baie navrae ingekom.
MARKtoe! Februarie 2026 0