LANDBOU
LANDBOU
bokke die hele pad van Burgersdorp af tot in die Kalahari, van 7 ° C in die Oos-Kaap tot die Kalahari se 40 ° C, maar hulle het goed aangepas. Ek het my bokstoet laat registreer en Jacques Pretorius,’ n boerbokinspekteur, het die keuring op die plaas kom doen.
“ Ek het baie goeie ramme en ooie in die Lucas Burgerlyn gekoop. Hy is’ n bekende bokboer van Griekwastad. In 2015 het die president van die SA Boerboktelervereniging, Kobus Lotter, my gehelp met die eerste stap. Ons het uit so 250 bokke net die beste 50 geselekteer. Ek wou dit reg doen en die swakker bokke is uitgehaal. Jacques het hulle weer gekeur en daarmee kon ek my eie stoet begin. In hierdie bedryf is goeie bemarking belangrik en ek het hard daaraan gewerk, met’ n persoonlike logo en Facebook-blad om die stoet te adverteer. Ek het op genetika gefokus, terwyl ons op Burgersdorp kommersieel geboer het, die lammers geslag en ooie teruggehou het om die kudde te groei,” vertel Joubert.
4.
4. Joubert by die liefdes van sy lewe – sy kinders Janlo( 8), dogter Janeke( 5), sy vrou Janita en een van sy beste teelramme, Appel.
MARKtoe! Februarie 2026 35