LANDBOU
LANDBOU
Van rugbyveld na stoetbokke
Sy pa is’ n prokureur wat deeltyds met Boerbokke op’ n stukkie grond geboer het, maar die jong Joubert het in daardie tyd nie veel belang daarin gehad nie.
“ Op Kovsies het ek menslike bewegingskunde, my honneurs in sportwetenskap, gedoen en’ n onderwysdiploma verwerf. Daardie tyd het ek by vriende gaan kuier wat boere was en dit het weer my belangstelling geprikkel. Terwyl ek in die Varsitybekerkompetisie vir Shimlas gespeel het, het ek met my geld Boerbokke begin koop en begin opswot oor die ras. Ek het vir my pa gesê ons moet begin boer met die bokke. Die Boerbokke was vir my’ n bitter mooi dier om mee te boer,” vertel hy.
2. Die ingang na Joubert en Janita Horn se plaas Klipfontein buite Vryburg.
2.
MARKtoe! Februarie 2026 33