MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Seite 20

LANDBOU
LANDBOU

1.

JOUBERT HORN | KLIPFONTEIN

Om in die Texas van Suid-Afrika met Boerbokke en beeste te boer, sit nie sommer in enigeen se broek nie. Veral nie as jy nie eintlik as plaaskind grootgeword het nie, aanvanklik eerder’ n onderwyser was, provinsiale rugby gespeel het en vir lang tye oorsee professioneel in die Europese ligas gekompeteer het nie.

Dit was’ n lang pad, letterlik en figuurlik, van Burgersdorp in die Oos-Kaap tot by Vryburg in Noordwes, en dit is waar Joubert Horn hom tans bevind en met groot sukses’ n boerbokstoet en beesboerdery bedryf.

1. Luca en Abraham Burger by Valley, wat as wêreldkampioen by die Wêreldskou gekroon is. Joubert het die ram by die Burgers gekoop.

32 MARKtoe! Februarie 2026