MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Page 16

LANDBOU
LANDBOU

uitgeskot en word die seleksieproses op’ n verdere natuurlike wyse voltooi. Aangesien ons meer druk en kompetisie het, wys dit gou watter diere maak dit en watter nie. Almal wat nie aanpas nie, word uitgehaal en geslag vir geld in die bank,” sê William.

Sy verse kry bul op 14 maande en kalf op twee jaar vir die eerste keer. Min boere doen dit omdat dit baie vroeg is. Dis’ n seleksiemetode om vrugbaarheid en vroegrypheid op’ n natuurlike manier toe te pas en te kan identifiseer watter verse nie gevat het nie. Hulle word op 16 maande weer getoets en dié wat nie gevat het nie, kry weer bul. As die kalf dit nie regkry nie, is dit onregverdig om teen die kalf te diskrimineer, weer terug by die natuurlike seleksie.

Noordwes se Jongboer van die Jaar

Gepols oor sy aanwysing as Noordwes se Jongboer van die Jaar en wat hom anders maak as die ander Bovelder-

0 MARKtoe! Februarie 2026