LANDBOU
LANDBOU
6. 6. Borseltjiegras is een van die talle grassoorte wat op Uitzoek aangetref word.
gras te laat groei voordat die volgende beweidingsiklus begin. Die beeste loop ook alternatiewelik op natuurlike en regenererende, aangeplante weiding wat voordelig is vir hul ontwikkeling en wat omtrent 50 / 50 deel van die grasaanbod uitmaak. Dit lei tot wedersydse voordele vir die gras en beeste en versterk die volhoubaarheid van my produksieprosesse,” vertel William.
Sy boskampe is 10 ha groot en aangeplante weiding 5 ha, met groot troppe wat dit op’ n slag bewei. In die somer is troppe kleiner en wil hy die beeste meer bevoordeel en hulle in goeie kondisie kry om bul te kan vat en kalwers te kan speen. Sodra hy gespeen het en die kalwers is weg, begin hy bietjie swaarder aan die veld werk en wei langer. Alles hang af van hoe hulle die gras wil stimuleer, die beeste die beste kan laat groei en in goeie kondisie kan hou.
William vertel hul besettingspersentasie was aanvanklik laag, so tussen 60 % en 65 %, en met die hoëdrukbeweiding kan mens verwag dat dit nie baie groot gaan wees nie. Dit
14 MARKtoe! Februarie 2026