LANDBOU
LANDBOU
Drukbeweiding as die grondslag van’ n natuurlike stelsel
“ Vir my gaan dit oor beweiding. Dit vorm die grondslag van my boerdery. My plaas is in talle kampe verdeel, 15 bymekaar wat soos’ n wawiel gerangskik is met’ n waterpunt en kraal in die middel. Vandaar loop die koekskywe radiaal uit en word om die beurt deur taamlik groot troppe bewei. Elke skyf is genommer, van 1 tot 3, en een deel kry altyd kans om te herstel. Die Tlakgameng-streek het goeie grasweiding vir beeste en William benut dit op’ n volhoubare en natuurlike manier. Die weiding word deurgaans beskerm deur wisselende beweiding en hy het al bewys dat hierdie drukbeweiding die gras goed doen en natuurlik laat herstel. Daar is ook strookbeweidingskampe wat soortgelyk bestuur word.
“ Om drukbeweiding deeglik toe te pas, is my troppe groot, tussen 100 en 300 beeste per trop, maar met die stelsel van afwisseling kry die kampe genoeg tyd om te herstel en nuwe
MARKtoe! Februarie 2026 0