MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Page 12

LANDBOU
LANDBOU

Rasbemarkers kom jaarliks kyk na wat hulle doen en alle data word by een versamelpunt gehou. Alle Bovelderprodusente hou ook hul eie en gesamentlike veilings, terwyl data gedeel kan word.

“ Ons klem met hierdie ras val op hul doeltreffendheid en vrugbaarheid en dit is waarna ons streef. Kalwers moet maklik speen en grootgemaak word, konsepsies moet maklik wees, en nie te veel tyd moet aan die koeie spandeer word nie. Sy moet haar ding sonder te veel inmenging kan doen.”

Ek kan nie die pryse onthou nie, maar ek onthou die gevoel toe ons beeste die ring instap en die pryse val – en ek wil dit nooit weer beleef nie.”

William, Leo Roets en Joubert Swanepoel het hul eie studiegroep, die Molopo Bovelderstudiegroep, begin en hou elke jaar’ n boeredag op’ n ander plaas.“ Ons drie span saam, kuier op plase, lewer insae in mekaar se boerdery en lewens en help met alles. Die boeredae hou ons omdat die ras nog bietjie onbekend is en om mense bewus daarvan te maak. Dan wys ons elke keer iets anders van die Bovelders of die sisteme wat ons gebruik,” verduidelik William.

William vertel dat hy’ n ander benadering tot sy Bovelders volg en sy produksieprosesse so natuurlik moontlik bestuur, iets wat hom van ander telers onderskei.

0 MARKtoe! Februarie 2026