MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Page 11

LANDBOU
LANDBOU

5.

5. Elke kraal het’ n waterpunt vanwaar die beeste dan in kampe uitgelaat word om te wei.

anderkant Piet Plessis na hierdie beeste gaan kyk. Leo het aangebied om van ons beeste te voer en toe ons die dag daar aankom, staan 90 van sy ossies in die kraal, nuut gespeen, blinkvet, rooi en mooi. Ek en my pa was tevrede met wat ons gesien het. Dit was ons visie van watter beeste ons mee wil werk.”

Hy vertel dat hulle’ n maand later, op uitnodiging van Leo, na’ n Bovelder-byeenkoms in die Vrystaat is, waar hulle aangenaam verras was met wat hulle gesien en gehoor het. Die Bovelder is nie geregistreer by Stamboek nie, maar’ n studiegroep wat in 1978 deur elf families in die Warden Memelomgewing begin is, het van krag tot krag gegroei en het vandag ongeveer 60 lede en duisende beeste wat deel is daarvan. In 2015 het hulle hul eerste bulle ingekoop en begin om daarmee te teel, en die Bovelder-reis het daar begin.

MARKtoe! Februarie 2026 11