MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | 页面 10

LANDBOU
LANDBOU

“ My pa het gesien dat ons dinge bietjie moet verander en’ n plan moet maak. Die mark het nie die beeste gesoek nie. Ek kan nie onthou watter pryse ons gekry het nie, maar ek kan wel die gevoel onthou wat ek gekry het as ons beeste in die ring instap en die pryse val sommer dadelik. Dit was nie’ n lekker gevoel nie en ek wil dit nooit weer kry nie,” vertel William.

Rooi beeste, rooi markte en’ n nuwe rigting

William vertel verder hoe hulle op die Bovelders afgekom het.“ Ons het besluit om te verander en rooi te gaan, dis wat die Suid-Afrikaanse markte soek. Ons het geweet van Beefmaster en Droughtmaster en dit vir’ n rukkie ondersoek. Daar was ook baie Bonsmara in die omgewing, so ons het geweet van hulle. Die Here het ons gelei en toe kom die Bovelder op ons pad via’ n vriend, Leo Roets, wat’ n paar jaar vroeër reeds met die Bovelders begin werk het. Ons het

4. William se kampe is in die vorm van’ n wawiel( soos koekskywe) verdeel en word deur drukbeweiding bestuur.

4.

10 MARKtoe! Februarie 2026