MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 9

4 .

maar stap vir stap .”

Hy werk al geruime tyd vir die eienaar , Izak Spies , ’ n sakeman met uitgebreide belange , veral in Gauteng .

“ Ek werk al ‘ n hele ruk vir Izak , maar op sy plaas De Hoop naby Stellenbosch . Hy het my toe gevra of ek nie ook hier sal kom help nie . Alhoewel ek nie formele opleiding in wingerdbestuur het nie , is ek al lank daarby

LANDBOU betrokke . Ek het voorheen vir Kosie Loubser , hoofstigter van EXSA-uitvoermaatskappy , in sy tafeldruifwingerde langs die Benede-Oranjeriver gewerk waar hulle ook rosyntjies gemaak het . Hy het my baie van die bedryf geleer wat ek ook op wyndruiwe kon toepas . Ek was ook by ‘ n groot wyndruiweplaas tussen Worcester en Villiersdorp betrokke en het by LHB boerdery vir Barry de Wet gewerk waar ons ongeveer 12 000 ton gepars het .

“ Daar is groot ooreenkomste tussen tafel- en wyndruiwe , alhoewel die praktyk ietwat verskil , maar dieselfde siektes en uitdagings beïnvloed albei en daarmee het ek lank gewerk . Nou is ek verantwoordelik vir die algehele bestuur van die wingerd en sien ek om na die besproeiing , bemesting en snoei van die wingerde om dit weer op topstandaard te kry .”

Hy vertel dat daar nou 55,5 ha wyndruiwe op Nantes is wat ‘ n wye verskeidenheid kultivars insluit : sauvignon blanc , cabernet sauvignon , viognier , mourvèdre , chenin blanc , shiraz , chardonnay , pinotage en merlot . Die druiwe word tans nog aan die Wellington-

MARKtoe ! Februarie 2023 9