MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 8

LANDBOU
3 .
3 . Daar is geen tekort aan water op Nantes nie en die plaas was nog altyd bekend vir sy groot dam . 4 . Cornelle Lombaard is die administratiewe bestuurder op Nantes en sy bestuur die daaglikse bedrywighede saam met haar operasionale span .

Onder die waaksame oog van hardwerkende , entoesiastiese bestuurders en die insetkoste van die eienaar , Izak Spies , het hulle die eierproduksie weer aan die gang gekry en het hulle begin om nuwe lewe in die wingerde te blaas . Die funksie-venue is herstel en vernuwe met net die verfwerk wat nog afgehandel moet word voordat dit ook ten volle operasioneel sal wees . Dan sal dit weer die ideale plek wees vir troues en konferensies met ‘ n asemrowende uitsig oor die Paarlvallei en die Du Toitskloofberge .

“ Gelukkig is wingerde geduldig en kan jy dit met die regte sorg weer aan die gang kry .”

‘ n Gedeelte van die plaas word nou onderverhuur aan gras-kwekers wat gereeld kitsgras hier kom uithaal .

“ Gelukkig is wingerde geduldig en kan jy dit met die regte sorg weer aan die gang kry . Maar dit vat ‘ n tydjie om alles weer op ‘ n goeie produksiestandaard te kry ,” vertel Deon Steenkamp , die wingerdbestuurder . “ Ons vat dit

8 MARKtoe ! Februarie 2023