MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 7

LANDBOU

“ Dit is lekker om deel te wees van die proses om die plaas weer op te bou en ons sien uit daarna om dit weer ‘ n spogplaas in die Paarl te maak ,” sê sy met oortuiging .

Aan die woord is Cornelle Lombaard , administratiewe bestuurder van die plaas Nantes , net buite die Paarl . Die plaas was eens een van die groot name van landboubedrywighede in die Paarl , maar ná jarelange verval , word dit nou bykans van vooraf opgebou . Dit was destyds een van die eerste melkplase in die land wat met ‘ n innoverende draaitafel vir die melkery kon spog . En die diere se gehalte was wêreldklas .

“ Dit is lekker om deel te wees van die proses om die plaas weer op te bou en ons sien uit daarna om dit weer ‘ n spogplaas in die Paarl te maak .”

“ Ons het die plaas in September 2021 op ‘ n veiling gekoop en dit in Oktober van daardie jaar oorgeneem toe die herbouproses begin het .

2 .

“ Die plaas was taamlik afgetakel , ondanks die feit dat ‘ n bestuurder sy bes probeer het om dit aan die gang te hou . Die wingerde was in ‘ n swak toestand en die hoenderhokke verwaarloos en vervalle . ‘ n Mens kan dit seker verstaan , want sonder geld kan jy maar min doen ,” verduidelik Cornelle die omstandighede toe hulle oorgeneem het . Heelwat herstelwerk moes gedoen word voordat die verskillende bedrywe weer op die been gebring kon word . Intussen is daar ook met nuwe ontwikkelings begin .

MARKtoe ! Februarie 2023 7