MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 41

LANDBOU

JDK boer tans met ongeveer 15 kultivars wat as wit , rooi , swart of pienk geklassifiseer word . Hiervan is 45 % rooi pitloos , 35 % wit pitloos en die balans swart pitlose kultivars . Tipiese kultivars sluit in Sable , Starlight , Crimson , Sweet Globe en Midnight Beauty . Volgens Niel bepaal die markte maar grootliks watter kultivars waarheen gaan en is die behoeftes van die Europese markte verskillend van dié in die Midde- en Verre Ooste , Kanada en Skandinawië .

Oor boerderymetodes is hy net so presies . Hy verduidelik dat plantwydte tussen stokke en rye , besproeiingsmetodes en die toediening van voeding van kardinale belang is om optimale produksie te verseker . Sterk groeiers word wyer aangeplant as die swakker groeiers wat nader aan mekaar kom . Hulle verwag om sowat 5 000 kartonne van 4,5 kg per hektaar as uitvoeropbrengs te verkry . Daar is baie verskillende maniere om daarby uit te kom , weer eens afhangend van die kultivar .

In hul groot pakstoor werk

Pale vir Wingerd-bou , Net-strukture , Heinings , Telekommunikasie en Transmissie .

H4 en H5 behandeling in Kreosoot en Koperkroomarseen ( CCA ). Noord-Kaap , Wes-Kaap , Limpopo , KZN , Mpumalanga , Oos-Kaap , Vrystaat , Namibië en ander Afrika lande .
Vuka Timbers ® pale is beskikbaar by Kaap Agri en Agrimark takke landswyd .
Dring aan op Vuka Kwaliteit Navrae : 017 821 0832
Vervaardigers en verskaffers van kwaliteit Kreosoot en Koperkroomarseen ( CCA ) behandelde Bloekom pale .