MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 40

LANDBOU

“ Dié seisoen , wat middel- Desember begin het , lyk sover goed . Die Starlight en Prime is al gepak , maar die blokke is mos nie almal dieselfde nie en jy moet altyd ‘ n ogie daaroor hou . Ons verbou hoofsaaklik rooi en wit pitlose kultivars omdat dit is wat die mark verlang . ‘ n Kultivar soos Sable is tans baie gewild , hoofsaaklik weens sy besonderse smaak wat selfs ʼ ’ n effense lietsjie-geur het ,” vertel hy .

“ Dit is ook vir ons belangrik om te verseker dat die kultivarparameters gehandhaaf word . Sommige soorte moet groot korrels hê , terwyl kleur by ander ‘ n groter rol speel . ‘ n Karton druiwe wat effens leeg lyk , is gewoonlik ‘ n teken dat die druiwe swaar en die gehalte goed is , wat goed is vir ons . Dit bepaal ook of jy 3 500 of 5 000 kartonne per hektaar gaan pak . Mense trek dikwels hul neuse op vir vrugte met kleiner korrels , maar dit mag dalk ‘ n beter smaak hê , afhangend van die kultivar ,” sê hy .

“ Sweet Nectar , ‘ n nuwe kultivar vir ons wat ons vanjaar die eerste jaar oes , verkoop byvoorbeeld op sy smaak alhoewel dit nie besonderse groot korrels het nie . Ander kultivars verkoop weer op voorkoms of die vorm van die tros ,” verduidelik hy terwyl hy aan ‘ n Sweet Nectar-korrel proe en tevrede knik .

Hy beskryf die tafeldruifboer se werkseisoen en ‘ n mens kom agter dat daar maar min tyd in die jaar oor is vir iets anders . Die seisoen begin gewoonlik in die begin of middel Desember en hou aan tot min of meer einde Maart . Daarna is daar ‘ n kort breek en dan begin die snoeityd en wingerdvoorbereiding vir die nuwe seisoen , wat al in September aktief raak as die wingerde begin bot .