LANDBOU
JD het op Irene begin boer en later het ander plase , soos Uitkyk , Keurfontein en St Elmo , bygekom . Sitrusplase in Porterville was in ‘ n stadium ook deel van die portefeulje , maar hulle is weer verkoop . Geografiese diversifisering was nie sy grootste prioriteit nie en sy geliefde gesegde , ‘ ver van jou goed , naby jou skade ’, is al soveel maal waar bewys . Hy is in 2021 skielik ná ‘ n kort siekbed oorlede .
einde sukses te verseker . Maar die uitdagings raak nie minder nie . Verlede jaar was ‘ n moeilike jaar omdat ons ‘ n vroeë seisoen gehad het en logistieke probleme in die Kaapstadse hawe ons baie hoofbrekens besorg het . As ons vrugte langer as 50 dae in transito is , word dit as ongeskik vir gebruik beskou en veral in Europa , moet ons dan ontslae raak daarvan . Ons moet dan self vir daardie stortingsproses betaal terwyl ons ook niks vir ons vrugte kry nie .”
3 . 4 .
Niel vertel dat die bestuursverdeling van die besigheid tussen hom en Altus kort voor sy pa se dood gefinaliseer is en dat daar dus geen onsekerheid was oor die struktuur van die onderneming nie .
“ Ons is nou saam in die besigheid en ons het volle vertroue in mekaar dat elkeen sy kant sal bring ten
Hy beklemtoon dit dat hulle uitvoergehalte vrugte produseer en dat dit deurgaans hul fokus is om die beste produkte te lewer . Daar is talle vereistes waaraan die verskillende kultivars moet voldoen en aspekte soos korrelgrootte en -gewig , kleur en trosvorm is alles faktore wat oorweeg moet word .
MARKtoe ! Februarie 2023 39