MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 38

LANDBOU
1 . 2 .

gehelp om ‘ n wyer perspektief op die boerdery te kry en met ‘ n ander oog na die produksie- en bemarkingsprosesse te kyk . Daarna het ek teruggekom plaas toe en nou werk ek saam met my broer in die familie-onderneming ,” vertel hy op sy berekende manier .

JDK , soos die besigheid vandag bekend staan , het ‘ n lang geskiedenis wat begin by Niel se oupagrootjie , Johann Frederick Kirsten , wat reeds in 1916 op sy plaas Irene in die Paarl begin boer het . Aanvanklik was dit ‘ n boerdery met appels , sitrus , en veral wyndruiwe , terwyl tafeldruiwe ’ n klein persentasie daarvan uitgemaak het en eers later uitgebrei is . Niel se pa , JD , het daar grootgeword . JD se broer , Freddie , het op die plaas

Vredenhof geboer . JD het reeds op 27-jarige ouderdom self begin boer nadat die plaas teen ‘ n nominale waarde aan hom oorgedra is . Hy het egter ook gaan studeer en ‘ n Hons BSc-graad in landbou-ekonomie verwerf en soos sy pa op die produksie van tafeldruiwe begin fokus .

“ Vandag , byna 50 jaar later , is tafeldruiwe steeds ons hooffokus , alhoewel ons ‘ n bietjie wyndruiwe bo-op Paarlberg het wat ons aan KWV verskaf . En daardie wyne vaar nogal goed ,” sê Niel met ‘ n skalkse glimlag en ‘ n knipoog .

1 . Werkers in Keurfontein se pakstoor besig om punnets na te gaan voor finale verpakking . 2 . Druiwetrosse word teen voëls en sonbrand beskerm – baie hande-arbeid is hiervoor nodig . 3 . Die verskillende kultivars word op grond van verskillende kriteria verkoop , soos byvoorbeeld kleur , smaak en trosgrootte . 4 . Jan van Niekerk , takbestuurder van Agrimark Paarl en Niel Kirsten in die wingerde op Keurfontein .
38 MARKtoe ! Februarie 2023