MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | страница 42

LANDBOU

sowat 200 mense koorsagtig terwyl bakkie op bakkie met druiwe oor die voerbande beweeg . Elke ry het ‘ n spankaptein wat moet toesien dat dinge reg verloop terwyl die geoutomatiseerde stelsel elke bakkie weeg voordat dit , tien per karton , vir ‘ n spesifieke mark verpak word . Daar is ‘ n groot sak in die karton waarin die bakkies , of punnets , gepak word , voordat riffelblaaie en papier wat die vogtigheid moet beheer , daarop geplaas en die kartonne toegemaak word . Kartonne word dan op mekaar gestapel voordat dit na die koelstore geneem word . In elke hoop kartonne is daar ‘ n meter wat die temperatuur monitor om te verseker dat die druiwe onder

die beste moontlike toestande geberg word .

“ Die vooruitsigte vir die bedryf is positief en ek dink almal is bekommerd oor die stand van sake in die wêreld van vandag . Ons einddoel is om seker te maak dat ons ons markte behou deur gehaltevrugte op die regte tyd en op die mees ekonomiese wyse aan die markte lewer . Ons moet ons huidige markte beskerm en goeie opbrengste verseker deur die regte vernuwende boerderypraktyke toe te pas en die regte kultivars aan te bied sodat ons die volgende jaar weer verder kan boer . As jy dit nie kan doen nie , boer jy al hoe verder agteruit .”

At BM Power experienced sales s and technical staff provide over 30 years of industry experience to help make your next project as easy as possible .
Available at your nearest Agrimark store .

CONTACT US