MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 33

LANDBOU en verpakking van produkte . Alle etikette met hul handelsname en produkbesonderhede word getrou aan hul credo self ontwerp , gesny en op produkte aangebring .

In ’ n ander gebou is ʼn span van 5 dames en ‘ n man besig om Rain se reeks sagte speelgoed te maak .

“ Ons het ‘ n babareeks met items

“ Ons probeer deurgaans so groen as moontlik werk – ons gebruik sonkrag en natuurlike produkte .”

soos skoentjies , hoedjies , borslappe , voedingkussings , pantoffels vir ma en speelgoed soos sagte balle en ‘ n hasie- en skapiereeks ,” vertel Anna Lena , wat al 15 jaar hier werk . “ Die materiaal word hier gesny en aanmekaar gewerk om landwyd in ons winkels verkoop te word ,” verduidelik sy met ‘ n groot glimlag .

In Rain se produksie-aanleg hou Kate Bosch , Julius se vrou en ‘ n chemiese ingenieur wat aan die Universiteit Stellenbosch gekwalifiseer het , ‘ n wakende oog oor bedrywighede . Sy help ook met produkontwikkeling en verseker dat internasionale veiligheidstandaarde gehandhaaf word .

“ Ons maak natuurlike produkte

vir persoonlike versorging en kosmetiese produkte , van badseep tot velsorg . Ons maak alles self met die hand , ons gebruik natuurlike bestanddele en en daar is deurgaans ’ n fokus op omgewingsvriendelikheid . Ons gebruik byvoorbeeld boorgat- en herwonne water en sonkrag in ons prosesse ,” beskryf sy .

“ Olyfolie , wat ons hier vervaardig , is ‘ n belangrike bousteen in talle van

1 .
2 .
1 . Een van die ses pompstasies wat water versprei , onder meer vir die besproeiing van die olyfboorde op die plaas . 2 . Julius Bosch verduidelik die wateren elektrisiteit-verspreidingsnetwerk wat hulle alles self tydens die ontwikkelingsfase van die plaas geïnstalleer het .
MARKtoe ! Februarie 2023 33