MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 32

LANDBOU

“ Ons moes self al die waterverspreiding- en besproeiingstelsels en die elektrisiteitsnetwerk vir die bedryf van die olyfboorde en die fabrieke insit , maar weer eens kon ons dit alles doen met die kennis en vaardighede wat ons tot ons beskikking het .”

Vars olyfolie word aan restaurante verskaf en tussen 3 000 en 4 000 liter word jaarliks na Taiwan uitgevoer .

Rain het bykans 400 produkte – van badolie , seep , fizz balls , tot hande- en lyfrome en bevogtigers , om maar ‘ n paar te noem . Aanvanklik het hulle op die geskenkmark gefokus , maar hulle het hul fokus aangepas in hul strewe om ʼn verskaffer te wees van hoë kwaliteit nutsprodukte wat daagliks gebruik word .

Net natuurlike grondstowwe word gedurende die vervaardigingsproses in die fabriek op Dalrivier vir die produkte gebruik .

“ Ons probeer deurgaans so groen as moontlik werk – ons gebruik sonkrag en natuurlike produkte soos olyfolie , aalwyn , fynbosplante en blomme en selfs vrugte in ons produkte . Ons wil so min as moontlik skade aan die omgewing doen . Niemand kan sê dat hulle geen afval produseer nie , maar ons beperk dit . Ons is ook voortdurend besig met die ontwikkeling van nuwe produkte ,” sê hy .

“ Ons moet nou vir die toekoms beplan en wegkom van al die insekdoders en giwwe wat ons in die natuur insit . Ons moet daadwerklik poog om die ekosisteem te verbeter , iets wat ons binne agt jaar kan regkry ,” meen Julius .

In die Rain-aanleg is talle werkers besig met verskillende take – van die maak van klei-houers waarin aromatiese olies verhit word , tot die sny van kartonne

With a range of powerful engines , the Next-Generation Ford Everest and Ranger have been designed and developed to get you where you need to go and help you to get things done !
Next-Generation

Ranger

Next-Generation

Everest

Novel Ford Paarl 360 Main Road , Paarl , 7646 021 870 7000 https :// novelfordpaarl . mccarthyford . co . za /