MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 31

stadig maar seker in die buite-land , ondanks die feit dat hulle nie duur bemarkingsveldtogte voer nie . Deel van die gewildheid van die produkreekse is dat dit nie skerp geure soos baie sintetiese produkte het nie .

Rain het reeds 28 winkels in Suid-Afrika , vier in Ierland , en een in die VSA .

Bev Missing het Rain aanvanklik as ‘ n vervaardiger van natuurlike sepe begin , maar die produkaanbod is sedertdien aansienlik uitgebrei . Die handelsnaam is nie alleen plaaslik nie , maar ook internasionaal uitgebrei en die fabriek waar die produkte tans vervaardig word , fokus op groentegnologie en -prosesse . Groot klem word gelê op die natuurlike aard van die produkte en die bestanddele wat daarin gebruik word .

Ter ondersteuning van hul uitgangspunt dat die onderneming selfvoorsienend moet wees , is groot boorde olyfbome op Dalrivier gevestig en die ekstra suiwer olie wat hieruit verkry word , dien as basis vir talle van hul skoonheids-produkte . Vars olyfolie word aan restaurante verskaf en tussen 3 000 en 4 000 liter word jaarliks na Taiwan uitgevoer .

25
25 YEAR SERVICE WARRANTY
Ask you friendly salesman for assistance