MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 34

LANDBOU

ons produkte . Dit word ook met ander plantolies , soos kokosneutolie en bye-was , gekombineer om van ons ander unieke produkte te skep ,” vertel sy met trots .

“ Wat Rain van ander skoonheidsmiddels onderskei , is die feit dat ons produkte natuurlik is en dat ons alles in ons eie fabrieke vervaardig . Ons koop nie ander produkte in en meng dit om ‘ n produk te skep nie – alles is oorspronklik . Die bestanddele is alles bioafbreekbaar . Selfs die klein deeltjies wat in ons skilfermiddels of scrubs gebruik word , is plantaardig – soos die fyn appelkoossade in een van ons produkte . Dit verval dus natuurlik en word nie as onafbreekbare afval in waterstelsels gestort nie . Ons is ook trots op ons unieke skeppings en die feit dat ons die laventel en rose wat op die plaas gekweek word , in ons produkte gebruik ,” sê sy .

“ Ek weet ons produkte is nie goedkoop nie en dit is op omgewingsbewuste klante gemik . Maar dit is wat ‘ n mens kan verwag van produkte van hoë gehalte wat goeie resultate lewer . Ons winkels in al die grootste winkelsentrums dwarsoor Suid-Afrika vaar goed , ondanks beurtkrag en swak ekono-miese omstandighede ,” beaam Julius .

FIRE SAFETY is not an option , it is a necessity .

A variety of Safequip ’ s fire equipment is available at your local Kaap Agri .
Drip Torches • Fire Beaters • Foam • Lasher Rake Hoes • Knapsacks • Forrester Layflat Hoses Firefighting Hoses Complete With Couplings • Portable Fire Extinguishers Nozzles • Safety Signs
Like and follow us !
Contact your nearest Agrimark for more information .