MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 28

LANDBOU
1 .
2 .
1 . Anna Lena werk in Rain se aanleg waar sagte speelgoed en ander produkte ontwerp en vervaardig word om in hulle winkels verkoop te word . 2 . Julius Bosch bestuur al die bedrywighede op Dalrivier .

begin eintlik in die Vrystaat waar die Remig-groep al ʼ ’ n groot naam met hul kragvoorsieningstelsels aan dorpe gemaak het . Frankfort , Villiers , Tweeling en Cornelia spog met netjiese kragpale , drade , substasies , transformators en selfs twee sonpaneelplase . Dis alles deel van Rural Free State , een van die filiale wat deel van hierdie innoverende groep is .

Die Paarlse perseel speel ʼ ’ n belangrike rol omdat talle van hulle vervaardigingsafdelings wat onderdele en toerusting aan hierdie ondernemings verskaf , hier gehuisves word .

Julius verduidelik : ” Ons het spanne ingenieurs , argitekte , staalwerkers ,

sweisers , elektrisiëns en bouers wat ons help om selfvoorsienend te wees . As ons ‘ n nuwe winkel oopmaak , bou ons self al die rakke en infrastruktuur . En as dit elders in die land gebeur , vervoer ons alles soontoe . Hier is volledigtoegeruste werkswinkels om al die werk te hanteer en ons staalwerke is toegerus met draaibanke , sweismasjinerie en selfs lasersnyers om die werk op die hoogste standaard te kan doen .”

Rural Maintenance verskaf krag aan munisipaliteite wat nie self dienste kan lewer nie . Hulle doen dit deur hul kragnetwerk oor te neem en dan elektrisiteit aan die

28 MARKtoe ! Februarie 2023