MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 26

LANDBOU

ekonomies gedoen kan word .”

Die feit dat die neute in die 1970 ’ s en 80 ’ s met die hand oopgebreek moes word , het tot ‘ n afname in aangeplante hektare gelei . Daar is een groot kommersiële kraakfasiliteit in Robertson en ‘ n paar kleineres wat net groot genoeg vir spesifieke , aangewese produsente is .

Die bome word veral in die eerste twee jaar in die winter gesnoei om hulle te vorm en daarna net vir instandhouding . Die bome moet groot hoogtes – tot 7 m – bereik om optimale drag te verseker . Tot soveel as 8 000 neute kan van een boom geoes word . Die oes word eers vir 5 tot 7 dae op die grond tussen die rye gedroog voor dit na ‘ n verwerkingsaanleg vervoer word . Basson Potgieter is die plaasbestuurder op Vondeling en hy en Magnus beplan sake saam . Hierdie plaas is reeds in 1704 deur Olof Bergh besit en het ‘ n wynmaakgeskiedenis wat oor drie eeue strek . Alhoewel wynmaak hul groot fokus is en deur twee wynmakers , Emile van der Merwe en Matthew Copeland , hanteer word , is amandels ook hier ‘ n groot bron van inkomste . Matthew is al 16 jaar op Vondeling en Emile 12 jaar en hulle weet presies watter druifkultivars pas waar op die plaas .

Hul vlagskipwyne is die Babiana , ‘ n versnit van chenin blanc , viognier , grenache blanc en roussanne , en Monsonia , ‘ n versnit van shiraz , mourvèdre , carignan en grenache noir , albei vernoem na uitsonderlike plante wat op Perdeberg voorkom .

Buiten die proelokaal en gastehuis op Vondeling , is daar ook ‘ n kerkie waarin funksies en dienste gehou word . Emile vertel spottenderwys dat die kerkie eintlik vir die werknemers gebou is : ” Ek is daar getroud en my kinders is daar gedoop . Matthew is daar getroud en sy kinders daar gedoop terwyl Magnus se dogter die eerste kind was wat in die kerk gedoop is .”

Een ding is duidelik , op Vrymansfontein en Vondeling is deeglike bestuur van ‘ n uitson-derlike boerdery van gehalte aan die orde van die dag . Of dit nou wynmaak of amandels is , hier word dinge reg beplan en uitgevoer . En met al die ontwikkelings wat nog kom – onder meer ‘ n restaurant met sitplek vir 300 mense , ’ n proelokaal en piekniekarea – gaan Vrymansfontein weer herleef en virseker sy merk in die pragtige Paarl-omgewing maak .

26 MARKtoe ! Februarie 2023