MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 19

soos hy onder sy vriende bekend staan . “ Dit is baie arbeidintensief en ons moet veral in die beginstadium van die boom se leeftyd gereeld deur die boorde ry om hulle te anker .”

Magnus is bestuurder van Vrymansfontein en van Vondeling , wat aan die voet van diePerdeberg geleë is en aan dieselfde eienaars behoort . Amandels is ook al op Vondeling aangeplant en ‘ n volle oes word vanjaar daar afgehaal . Vrymansfontein sal waarskynlik oor ‘ n jaar of wat , in jaar vier van die jong amandelbome , sy eerste volle ontwikkelde oes oplewer .

Vondeling is in 2000 gekoop deur die huidige maatskappy , Armajaro Holdings , wat aan die Brit Anthony Ward behoort . Julian Johnson is die uitvoerende hoof en hy is al lank in Suid-Afrika en hy ’ s sy hele lewe lank by die landbou betrokke .

“ Hy het eers net ‘ n deel van Vondeling gekoop , maar later , toe die res van die plaas ook in die mark kom , het hy vir die 10 rykste sakemanne in Brittanje geskryf

2 .
LANDBOU

om vir finansiële ondersteuning te vra en so kon hulle die res van die plaas ook bekom ,” vertel Magnus . “ Vrymansfontein het voorheen aan die Faure-familie behoort , maar in 2019 is daar besef dat daar nie weer wyn op die plaas gemaak gaan word nie . Armajaro het Vrymansfontein in Desember 2020 gekoop om amandels

“ As die bome groter is , kan ons vasstel hoeveel water gebruik word , en dan kan ons verder vir uitbreidings beplan aangesien hier nog grond beskikbaar is .”

1 . Vondeling is aan die voet van die Perdeberg geleë en spog met ‘ n unieke terroir wat in hul wyne weerspieël word . 2 . ‘ n Groot seinkanon staan voor die kelder van Vondeling . Daar is nog so ‘ n kanon boop Perdeberg wat aan die plaas grens .
MARKtoe ! Februarie 2023 19