MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 20

LANDBOU

te plant . Ons het in 2020 die eerste amandels op Vondeling geplant . COVID het Vrymansfontein se wynmaak-geskiedenis die finale nekslag toegedien en alhoewel daar al voorheen wingerde uitgehaal is , het ons toe besluit om alles uit te kap . Ons het nou sowat 200 ha amandels – waarvan sowat 150 ha op Vrymansfontein is ,” verduidelik hy . ons dit noukeurig benut om te verseker dat ons deur die seisoen kom . Hierdie stelsel meet die boom se stamdikte en elke dag se inkrimping en uit-setting om te sien hoe die bome groei . Tesame met die meting van grondvog , kan die data gekorreleer word om te bepaal of daar te min of te veel besproei word ,” verduidelik hy .

3 . 4 .

Amandels is waterintensief en verg daaglikse besproeiing . Vrymansfontein het genoeg water wat uit die Bergrivier kom en wat deur die Bergrivierskema na ‘ n groot opgaardam op die plaas gepomp word . Die dam is nie alleen die lewensaar van die boerdery nie , maar dien ook gereeld as by-mekaarkomplek vir musiekliefhebbers tydens verskeie musiekfeeste .“ Om ons waterbestuur te onder-steun gebruik ons die Irrigator-rekenaarstelsel en ook sensors in die grond . Ondanks die feit dat ons baie water het , moet

“ As die bome groter is , kan ons vas-stel hoeveel water gebruik word , en dan kan ons verder vir uitbrei-dings beplan aangesien hier nog grond beskikbaar is .”

Amandels dra eers in hul vierde jaar ná aanplanting ’ n volle oes . Die bome word in ‘ n oop kelkvorm ge-snoei sodat die amandels later van tyd met ‘ n masjien geoes kan word . Daar is verskeie kultivars , maar op Vrymansfontein en Vondeling is Nonpareil die hoofkultivar . Ander wat ook ge-plant word , is Price , Peerless , Admont en Ferragnes wat ook

3 . Sonkrag is onontbeerlik vir die wynmaakproses op Vondeling en groot aanlegte is reeds op die geboue se dakke aangebring . 4 . Die kerkie op Vondeling word hoofsaaklik vir troues gebruik , maar kerkbyeenkomste word ook daar gehou .
20 MARKtoe ! Februarie 2023