MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 18

LANDBOU

‘ n Mens kry seker een van die mooiste uitsigte in die Boland as jy by Vrymansfontein , aan die voet van die Paarlberg , suid- en weswaarts kyk . Voor jou strek die lowerryke Paarlvallei met die majestueuse Du Toitskloofberge in die verte . Dan skuif jou blik verder en val dit oor Franschhoek , Simonsberg buite Stellenbosch , stukkies van Valsbaai en dan oor Tafelberg met sy bekende Suidooster-tafeldoek wat aan die voorkant wapper . En agter jou rug hou Paarlberg wag .

Hier word wyndruiwe al vir etlike geslagte geplant en wyn gemaak . Vrymansfontein is immers in die geselskap van groot kanonne soos Landskroon en Fairview , bure na die noorde . Maar daar is deesdae nuwe lewe op die plaas . Wingerde moes die afgelope paar jaar plek maak vir duisende amandelbome wat nou die bron van Vrymansfontein se inkomste geword het . Daar is darem nog ‘ n klein bietjie wingerd

oor , maar mens wonder vir hoe lank nog .

“ Dis nou wel lekker om so ver te kan sien en die skoonheid van hierdie deel van die Kaap te kan beleef , maar oor daardie vlakte kom ons grootste kopseer ook – die Suidooster veroorsaak dat die bome swaarkry in die wind en ons moet hulle gereeld vasmaak sodat hulle nie om- of skeef waai nie ,” vertel Magnus Joubert , of Magga ,

1 .
14 MARKtoe ! Februarie 2023