MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 11

wynkelder gelewer . Weens die swak toestand van die wingerde , was verlede jaar se oes nie na wense nie . Maar hy sien uit na die nuwe oes om die verbeterde gehalte en opbrengs te bekyk .

Wingerdstokke vat hulle tyd en hulle moet nou eers weer wakker word

“ Gelukkig het ons genoeg water op die plaas – dit was nog altyd so en die mense het gepraat van Nantes met sy baie water . Hier is ’ n reusedam wat hoofsaaklik deur afloopwater , fonteine en water uit die Bergrivierbesproeiingskema gevoed word . Met genoeg water maak dit ons taak soveel makliker om die wingerde reg te bestuur . En met die regte bemesting en voeding behoort dit gou te herstel . Vanjaar lyk die wyndruiwe alreeds baie beter as verlede jaar ,” deel hy ons mee .

“ Wingerdstokke vat hul tyd en hulle moet nou eers weer wakker word . Die 2024-seisoen gaan nóg beter wees en sodra die blokke weer goed onder hande geneem is , behoort dinge reg te kom .

LANDBOU

Heelwat nuwe blokke is in 2006 en 2009 aangeplant , dit moet net reg bestuur word ,” skets hy .

“ Daar is ook langtermynplanne om ons eie kelder hier op Nantes te vestig en ons wil dan wit- en rooiwyn maak wat net op die plaas beskikbaar sal wees ,” vertel hy .

Die water is genoeg om aan die lêhenne se behoeftes te voldoen , terwyl die boorgate se water vir die huise en kantore gebruik word .

“ Eiers is tans die sterkste deel van ons bedryf en dit gaan goed met produksie .”

Cornelle vertel dat die hoenderhokke ook in ‘ n vervalle toestand was , maar dat hulle nou weer ongeveer 90 000 produserende henne het . Daar is nog drie hokke wat reggemaak moet word . Sodra hulle in gebruik is , sal dit hul produksie ‘ n verdere hupstoot gee .

Groot planne word ook gemaak om op die oop en beskikbare grond op die plaas , waarvan daar nog heelwat is , groente aan te plant . Marknavorsing word tans deur Sampie van Vuuren , huidige plaasbestuurder , oor die

MARKtoe ! Februarie 2023 11