LANDBOU
die beeld te skep wat vandag nog geld , was toe Beyers in 1991 by die Internasionale Wyn- en Spirituskompetisie in Londen as die Internasionale Wynmaker van die jaar aangewys is . Toe het die wêreld nogal regop gesit en kennis geneem van Kanonkop en Suid-Afrikaanse wyne .”
Sukses op sukses het gevolg en Abrie Beeslaar , wat in 2003 die wynmaakleisels oorgeneem het , is al drie keer dieselfde titel verower .
“ Daardie eerste wen en Jan Boland se charisma as legendariese Springbok-flank het baie gehelp om die kollig op Kanonkop te plaas . Maar dit is iets wat oor tyd gebeur het omdat ons nog altyd geglo het
ons moet die beste maak van dit wat ons het om mee te werk ,” sê hy .
“ Ons uitgangspunt was nog altyd om terroir-gedrewe wyn te maak . Ons gebruik wat in die grond is na die beste van ons vermoë sonder om te veel by die natuurlike wynmaakproses in te meng . Ons het ‘ n unieke stuk grond waarop ons boer met verskillende hellings en blootstelling aan son en wind wat help dat ons nou sowat 3 000 t per jaar kan pars en goeie wyne kan maak ,” meen Johann .
Die landgoed het intussen ook met die Kadette-reeks begin . Om hul eie voorraad aan te vul , koop hulle druiwe daarvoor in by ‘ n 20-tal Stellenbosse wyndruifprodusente .
Die proelokaal op Kanonkop is verwelkomend en ‘ n mens kan in die rustige atmosfeer die kelder se wyn proe .
8 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024