LANDBOU
In ‘ n gedeelte van die proelokaal is ‘ n afsonderlike vertrek waar wynproeë vir groepe besoekers aangebied word .
Die Kadette-reeks bly hul grootste produk en om die volume te hanteer , is die kelder in 2016 byna verdubbel . Die reeks sluit ‘ n verskeidenheid wyne in , soos die Kadette Rosé , Kadette Cape Blend en natuurlik die Kadette Cabernet Sauvignon en Kadette Pinotage . Johann se pa , Jannie , ook ‘ n groot gees by die Stellenbosse rugbyklub , het met die naam vorendag gekom en het daardeur die assosiasie met die ‘ kanon ’ van Kanonkop versterk .
Die Kadette bly vir 12 maande in vaatjies van Franse eikehout , die Paul Sauer vir 24 maande in nuwe hout en die cabernet ook 24 maande . Hiervan is 60 % nuwe hout . Elke jaar word van die vate vervang , ‘ n baie duur insetkoste wat verreken moet word , maar wat die basis van die wyn voltooi .
“ Kanonkop se styl is dit wat dit is . Ons het onlangs ou Kanonkop-wyne in Parys en Londen oopgemaak en die Kanonkopstyl is beslis nog daar . Nuwe tegnologie kan help , maar ons moenie die wiel probeer herontwerp nie . In die Flintstones se tyd was die wiel al rond en so gaan hy bly en oor ‘ n 1 000 jaar gaan dit steeds rond wees . Te veel jong manne in die bedryf wil dit herontwerp ,” meen Johann .
“ Ons maak nie wyne wat die mark altyd vra nie – dit was nog altyd so en sal altyd so bly – ons fokus op cabernet en pinotage . Hierdeur volg ons ‘ n baie gefokusde besigheidsbenadering tot wynmaak . Om vandag suksesvol te wees in die wynbedryf moet jy
9 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024