LANDBOU
Ou wingerdstokke van meer as 50 jaar oud met Kanonkop in die agtergrond – die koppie waarna die plaas vernoem is .
Sauer , het in 1903 vir Kanonkop en Uitkyk , twee naasliggende plase , gekoop . Sy vrou , Mary , het Uitkyk later verkoop , maar sy het Kanonkop as afsonderlike entiteit uitgehou . Johann se oupa het in 1942 die kelder gebou en twee jaar later die eerste keer wyn daar gemaak . Groot name het gevolg . In 1968 is Jan Boland Coetzee , WP- en Springbokflank van weleer , as wynmaker aangestel en wyn is vir die eerste keer op die landgoed gebotteleer – ‘ n Kanonkop Cabernet en Kanonkop Pinotage 1973 . In 1980 het Beyers Truter vir Jan Boland opgevolg en die daaropvolgende jaar was die begin van die legendariese Paul Sauer-wyn , ‘ n versnit van cabernet sauvignon , cabernet franc en merlot . Dit het ‘ n vlagskipwyn vir
7 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024 die landgoed geraak , ‘ n benaming wat nie heeltemal lekker by Johann sit nie , enersyds omdat hy glo dit is ‘ n subjektiewe beskouing en andersyds omdat hy nie veel erg het aan benamings of sertifiserings nie .
“ Lady Bird , die plaas langs Kanonkop wat ons onlangs gekoop het , is al die jare voorgehou as ‘ n organiese boerdery en ons het vanjaar vir die eerste keer nie-organiese praktyke gebruik . Grondanalise het gewys dat die ystervlakke daar die hoogste in die hele area is . Ons probeer dit nou weer na die natuurlike staat terugbring deur middel van die regte bemesting , dekgewasse en ‘ n proses van regeneratiewe praktyk .
“ Nog ‘ n groot eer vir Kanonkop , en iets wat baie gehelp het om