LANDBOU
prysenswaardig is dog sprekend van opregtheid en egtheid in hul benadering tot wyn en wynmaak . Bowenal is hul bydrae tot die ontwikkeling van die SA-wynbedryf van onskatbare waarde , veral hul direkte uitgangspunt van wynmaak sonder fieterjasies . Dit het hulle gepas en deur ‘ n volgehoue geloof in wat hulle doen , tot op die hoogste verhoë van die wynbedryf geneem .
Ons gesels onder die groot ou eikebome buite die proelokaal op Kanonkop met Johann Krige , wat die landgoed tans saam met sy broer , Paul , en ‘ n klein direksie bestuur .
“ Terloops , ons direksievergaderings word vier maal per jaar gehou en duur net 20 minute , dan is ons klaar ,” se Johann . Dit weerspieël hulle geen-nonsenshouding teenoor dit wat hulle doen . Al is hulle al die vierde geslag op die plaas , is daar gaan prag en praal wat nagejaag word nie .
Dis in die middel van die dag en die plek is ‘ n miernes van bedrywigheid soos gaste die proelokaal besoek .
Johann vertel , soos hy waarskynlik al honderde kere in die verlede gedoen het , die geskiedenis van Kanonkop wat by oupa Paul Sauer begin het en diep spore in die bedryf getrap het . Die naam is afgelei van die koppie agter die plaas vanwaar daar in die 17 en 18de eeu skote met ‘ n seinkanon afgevuur is as skepe in die Kaap aangekom het en vars proviand gesoek het . “ Dit was in die dae voor selfone ,” skerts Johann . Johann se oupagrootjie , JW
Die ingang na die Kanonkop-landgoed met die kenmerkende kanon in die voorgrond .
6 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024