OP KANONKOP WERK HULLE MET WAT DIE GROND HULLE BIED
LANDBOU
OP KANONKOP WERK HULLE MET WAT DIE GROND HULLE BIED
Bo : Johann ( links ) en Paul Krige , die twee broers wat Kanonkop besit en bestuur . Onder : Die kelder bottel soms hul wyne in bottels van verskillende groottes .
Praat jy van wyn in Stellenbosch is een van die eerste name wat na vore kom sekerlik dié van Kanonkop . Hierdie ikoniese wynlandgoed het al sinoniem geraak met die streek en die Suid-Afrikaanse wynbedryf , sowel plaaslik as op internasionale vlak .
En ewe legendaries is die familie wat hierdie landgoed oor die afgelope meer as 50 jaar opgebou het tot waar dit vandag een van die leiers in die wynbedryf is .
Die Sauers en Kriges en Jan Boland Coetzees en Beyers Truters van die wynwêreld het almal hul wyntande hier geslyp en ‘ n nalatenskap geskep wat
5 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024