MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 4

LANDBOU

Historiese Stellenbosch boer modern vooruit Deur : Danie Keet | Foto ’ s : Michel Dei-Cont , Jana Neethling en Robynne Lewis

Dat Stellenbosch die bakermat van die historiese wynlande is , is gewis en het pioniers van die vroegste dae van Suid-Afrika se stigting af hier hul merk op die landskap gemaak . Vandag leef baie van hierdie landboubedrywighede voort langs die oewers van die Eersterivier , teen die hange van die Simonsberg en in Devonvallei . Die hele streek is verweef met eeu-oue geskiedenis en verskillende geslagte van dieselfde families het hier ‘ n bestaan uitgekap wat vandag nog sukesvol voortgesit word .

Wingerde op Kanonkop word presies bestuur en die hoogliggende blokke trek die voordeel van ‘ n afkoelende briesie saans .
4 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024