MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 57

WINKEL
Die klereafdeling is baie gewild met ‘ n groot verskeidenheid moderne klere sowel as werksdrag vir plaaswerkers .

“ Die jagseisoen is van Mei tot Julie . Jagters kom maak hulle mandjies vol met allerhande kampbenodighede insluitend hengel- , gas- , braai- en kamptoerusting soos opvoustoele , tafels , tente , gazebos – en moenie vergeet van Agrimark se eie Waypoint-reeks nie ,” beduie Steven met entoesiasme .

Sonder ‘ n goed opgeleide personeelkorps wat gemotiveerd en diensgerig is , kan geen winkel egter suksesvol wees nie .

“ Elke afdeling het ‘ n senior met spanne onder hulle . Dieselfde geld ook vir die bedryf van die store waar senior aankopers in beheer is .

Elke personeellid word aan ‘ n afdeling toegewys , maar deur middel van die oordrag van vaardigheid , verseker ons dat enigeen in enige afdeling kan werk en vir mekaar kan instaan . Daar is egter altyd ‘ n produkspesialis beskikbaar . Almal is baie goed opgelei . Daarby neem ons drie bemarkers die leiding en staan hulle die ander personeel by – Johann Barnard sien om na die landbou , Deon Erasmus beheer die bouafdeling , en Anton Havenga

56 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024