WINKEL
daarvan het nie . Die tuinafdeling is baie gesog onder dorpenaars . Daar is ’ n volledige reeks tuingereedskap , snoeiskêre , vurke en ander toerusting , asook ‘ n wye verskeidenheid saad – van blomme tot verskillende groentes . Die troeteldierafdeling bied dieremedisyne , speelgoed , hondebeddens en ‘ n wye reeks honde- en katkos .
Die afdeling met kraggereedskap sluit elektriese sae , skuur-masjiene , bore en skroewedraaiers in . Die Ingco-handelsnaam is veral gewild omdat dieselfde herlaaibare batterye vir verskillende modelle in die reeks van kragtoerusting gebruik kan word .
Toerusting soos kragopwekkers ,
gloeilampe en ligte te kies en te keur word in die afdeling vir elektriese ware aangebied , asook al die nodige onderdele om elektrifisering van heinings om eiendomme maklik te maak .
“ Ons buitelewe-afdeling is een van die gewildstes in die winkel en , met ‘ n volledige geweerkluis , is dit beslis ‘ n besoek werd . Verskillende soorte gewere is beskikbaar , vir jag en skyfskiet , handwapens , asook ammunisie en herlaaitoerusting , skietmatte , verkykers en afstandmeters . Boonop het ons ‘ n spesialis op dié gebied , Leon Lottering . Hy het jarelange ervaring op die gebied en kan klante met waardevolle raad bystaan ,” vertel Steven .
Chris Benadie is in beheer van die verfafdeling se mengstasies .
54 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024