MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 54

WINKEL

“ Ons produkreeks sluit ‘ n verskeidenheid draad in vir sowel die opleiwingerde as normale omheining , asook elektriese veiligheidsheinings . Ons hou ook heelwat saad aan – van koring , korog , hawer , lusern en selfs rape en mosterd wat deur produsente gebruik word as wisselbou en grondvoeding in hul wingerde en op landerye .”

Volgens Steven bedien die winkel produsente in ‘ n uitgebreide area wat strek van Somerset-Wes , Lynedoch en Polkadraai tot op die Helshoogtepas , Klapmuts en Kuilsrivier . Hy verduidelik dat daar nie eintlik grense is nie en dat die winkel gewoonlik produkte vir klante sal opspoor as hulle nie voorraad

Bo : Agrimark Stellenbosch se boonste vlak huisves die buitelewe-afdeling waar kamptoerusting aangebied word – van swartpotte tot tente , gasbottels en dies meer . Onder : Tuingereedskap en toerusting vir bouers , soos kruiwaens van verskillende groottes , word ook verkoop .
53 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024