WINKEL
pasteie , wat volgens “ betroubare bronne ” die beste op die dorp is .
Sowat 90 % van die landbouklante is in die wynbedryf betrokke . Veral wingerdboere maak grootliks op die winkel staat vir byvoorbeeld opleipale en -draad , stutte en ankerpale . Die Alsace-ysterpale wat uit Frankryk ingevoer word , raak al hoe meer gewild omdat produsente dit eerder as houtpale gebruik .
Kunsmis is ‘ n ander gewilde produk vir hierdie vertakking van die streek se landbouproduksie . Grootmaat aflewerings op die plase vergemaklik dinge baie . Die aflewering word so gereël dat dit dikwels direk van die verskaffer na die plaas vervoer word . Die winkel se vragmotor het ‘ n hyskraan wat daarop gemonteer is sodat op- en aflaai van sulke groot bestellings maklik gedoen kan word . Vloeibare kunsmis is nog ʼ ‘ n produk wat in hierdie afdeling aangebied word . Dit word direk deur middel van die besproeiingstelsel toegedien .
Ander boerderybedrywighede in die Stellenbosch-streek sluit steenvrugte , vee- en saaiboerdery , bloubessies en talle wynkelders in . Plukkissies , traplere vir plukkers , houers ( bins ) van verskillende groottes , insluitend Agrimark se eie Tego-houers , tel onder die winkel se produkte sodat produsente al hul landboubenodighede hier op een plek kan vind .
Die koffiewinkel in die winkel is alom bekend – en veral vir die heerlike tuisgemaakte pasteie .
52 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024