MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 51

WINKEL

Steven Cronjé , bestuurder van Agrimark Stellenbosch in Adam Tasweg , is aan die woord .

Die winkel bied ‘ n wye verskeidenheid verbruikersgoedere . Een produk wat uitstaan , is verf . Klante kan al die bekende handelsname hier vind . Wat die winkel ook besonder gewild by verwers maak – mense wat hul huis wil verf of groot kontrakteurs – is die Jotunhandelsmerk , ‘ n gesogde produk omdat dit duursaam is en dit is immers die verf waarmee die Eiffeltoring geverf is .

Die winkel spog ook met drie pakstore wat vir die berging van verskillende produkte gebruik word sodat daar altyd voorraad

byderhand is as klante dit benodig . Die stoor in die Woodmillsentrum word grootliks gebruik om oorvloeivoorraad te berg . Boumateriaal , kunsmis , saad en besproeiingsmateriaal word in die ander store op die perseel langs die winkel gehou .

Die vulstasie langs die agristoor , wat klante gedurende normale besigheidsure bedien , is gerieflik , en rekeninghouers kan hier brandstof op rekening aankoop . Agrimark Stellenbosch het sy eie koffiewinkeltjie waar lekkernye , koeldrank en blomme verkoop word . Een van die koffiewinkel ( wat net langs die ingang is ) se groot trekpleisters , is die tuisgemaakte

Links : Steven Cronjé is Agrimark Stellenbosch se takbestuurder . Regs : Een van Agrimark Stellenbosch se afleweringsvoertuie is met ‘ n hyskraan toegerus om die op- en aflaai van grootmaat bestellings en swaar produkte vir klante te vergemaklik .
50 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024