LANDBOU
Werkers is besig om bloubessies in kissies te pak voordat dit na die koelstoor op Fransmanskraal geneem word .
“ Daar is gewoonlik ‘ n omkeertyd van 20 dae as die vrugte per boot uitgevoer word . Verlede jaar was dit tot 29 dae en dit maak mens onrustig oor die gehalte van jou vrugte . Gelukkig is daar vanjaar nog net drie weke se oes oor . Verlede jaar , met die chaos in die Kaapstadse hawe , het dit uiteindelik drie weke gevat om die agterstand van vrugte wat gewag het om uitgevoer te word , weg te werk .”
Pruime sit met dieselfde probleme en boonop is dit nie ‘ n baie gewilde vrug nie .
Piet , tans voorsitter van die Stellenbosse landbougenootskap , het op Fransmanskraal grootgeword en het ná sy matriek aan Paul Roos Gimnasium op Elsenburg gaan studeer . Daarna het hy op wynplase in Australië gewerk voordat hy in