MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 46

LANDBOU
Bo : Lappes wingerde omring Fransmanskraal en daar word nou voorberei vir die komende wyndruiweoes . Onder : Die nette oor die bloubessies is blou van kleur omdat bye nie daardeur verwar word nie .

die Theewaterskloofskema af kry , onder druk en ons hoef dit nie na die bessieboorde te pomp nie . Die wyndruiwe is egter elders geleë en daarvoor moet ons pompe vir besproeiing gebruik . Die bessies is baie gevoelig vir waterverlies en jy kan besproeiing nie eintlik uitstel nie . In dié opsig is druiwe makliker , want jy kan altyd die volgende dag weer vir hulle water gee . Bessies kry drie keer per dag , sewe dae van die week water ,” sê Piet .

Alhoewel sy besproeiingstelsel gerekenariseerd is , moet hy nog altyd daar wees om seker te maak dat die waterstelsel reg funksioneer .

Volgens Piet is die bessieuitvoere tans goed omdat Peru onder die gevolge van ‘ n El Niñoverskynsel gebuk gaan wat hul produksie benadeel . Hulle kon ook tot onlangs nog die bessies per vliegtuig uitvoer aangesien daar plek op vlugte beskikbaar was . Die vorige week het hulle op Dinsdag geoes , die bessies is Woensdag gepak en twee dae later was dit in die markte .

46 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024