LANDBOU
sitrus wat hulle disoriënteer en dus nadelig op die bestuiwing van die blomme inwerk .
Piet sê die sitrus is toegemaak vir beskerming teen windskade en dat hul uitpak tot ongeveer 95 % verbeter het en dat hulle ook tot 20 % minder water verbruik . Sonder nette is dit in die omgewing van 65 %.
“ Ons plant al ons bessies in potte op die grond . Die plante wat nie by ons gewerk het nie , het ons net so in die potte op vragmotors gelaai en na Mooinooi geneem . Daar aard hulle uitstekend en 6 maande later het hulle beter oeste gelewer as wat ons in drie jaar hier gehad het ,” vertel hy .
“ Die rede hoekom ons in die potte plant en nie in die grond nie , is omdat ons die plante dan baie beter kan manipuleer . Die toediening van kunsmis , voedingstowwe en water kan baie presies beheer word en volgens die plante se behoeftes aangepas word . In die grond is die kapitale uitleg minder , maar risiko ’ s hoër ,” verduidelik hy .
Tans is daar sowat 250 mense wat help met die oes van die bloubessies . Vir twee maande loop hulle elke dag deur duisende bessieplante en soek hulle ryp bessies uit . Die seisoen begin in Oktober en duur tot middel Desember en moet op ‘ n spesifieke tyd klaarmaak sodat die plante weer
Die Landtscap-funksielokaal op Fransmanskraal is hoog geleë met van die mooiste uitsigte in die hele Stellenboschstreek .
44 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024