MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 43

LANDBOU
Baie arbeid is nodig om die bloubessies , pruime , wyndruiwe en sitrus op Fransmanskraal te boer en die boorde word gereeld skoongemaak , soos met hierdie New Holland-trekker .

besig om die klein pers vruggies versigtig met die hand te oes en in plastiek plukkissies te pak . As die trekkers se sleepwaentjie vol is , word dit binne minute na die koelstoor geneem waar dit verder tot 6 ° C verkoel word . Die werkers wat die bessies in die koelstoor pak , moet ook vinnig te werk gaan omdat die temperatuur , veral op ‘ n warm dag , vinnig met tot twee grade kan styg as die deure oopgaan .

Fransmanskraal se bloubessies is almal onder nette en so ook 60 % van die sitrusboorde . Dit is ‘ n duur kapitaal uitset en om bloubessies in potte onder nette te vestig en kos in die omgewing van R1,5 miljoen per hektaar . Een van die voordele is dat wind grotendeels uitgehou word en sonbrand voorkom word . Die nette oor die bloubessies is blou van kleur omdat bye gemaklik daaronder is in teenstelling met wit nette van die