MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 42

LANDBOU
Bo : Werkers besig met die uitdun van oortollige takke en blare om die vrugte die kans te gee om te set en die regte kleur te verkry . Regs : Vrugte word nou ryp aan die bome en voorbereidings word getref vir die nuwe oes .

eilande . Die res van Afrika begin nou ook meer bessies koop en aan die begin van die seisoen bedien ons ook die plaaslike markte ,” vertel hy met trots .

“ Ons verskaf al ons bessies aan United Exports wat dit van die pakstoor op Wellington af versprei . Ons pak glad nie op die plaas nie en verbou en oes dit net hier . Aanvanklik het ons sowat 23 ha bloubessies gehad , maar daar is nou net 13 ha oor . Die rede hiervoor is dat van die kultivars wat ons probeer het , nie gewerk het nie en ons moes ontslae raak daarvan . Die bessies is baie gevoelig en kultivars wat nie by ons werk nie , doen soms baie beter in ander areas . Ons het met 8 kultivars begin wat min of meer eweredig versprei was , maar ons het nou net drie oor , die oorspronklikes wat ons aanvanklik geplant het en wat vir ons goeie opbrengste lewer . Daar is enkele vereistes vir ‘ n goeie kultivar – hulle moet in die area kan produseer en moet die vermoë hê om te hou om dit tot op die oorsese supermarkte se rakke te kan maak .”

Die bloubessie-vertakking is meestal Hugo se verantwoordelikheid . Piet wys ons hulle bloubessieboorde wat almal onder beskermende nette geplant is . Spanne plukkers is naarstigtelik

42 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024